Map of South Africa, Maps of Africa, maps of the world, Atlases, wall maps, road maps, street guides and atlases, globes and travel publications.

4×4 Roetes Deur Suider-Afrika

R250.00

Sien meer van die produk hier

Out of stock

Description

4×4 Roetes Deur Suider-Afrika kyk in besonderhede na 20 wonderlike 4×4-roetes van oor die hele Suid-Afrika van die gewilde Sederberg- en Richtersveld-streke van Suid-Afrika tot die Namib-woestyn in Namibie en ooswaarts na Lesotho en Mosambiek. Elkeen van die 20 roetes word in fyn besonderhede beskryf met bydraes van bekende 4×4-operateurs, en dit gee die boek ‘n unieke perspektief met beskrywings soos gesien deur plaaslike kundiges.

Elke hoofstuk bevat ‘n gedetailleerde dag-vir-dag-beskrywing van ‘n 4×4-roete tesame met kaarte, kleurfoto’s en GPS-roetepunte vir gebruik saam met enige GPS-navigasiestelsel. Die boek is ook propvol inligting oor die plaaslike fauna en flora en bevat interessante feite oor elk van die streke waardeur gereis word asook toeriste-inligting en verblyflyste om oornagverblyf te beplan.

Vir die ernstige avonturier – elke hoofstuk gee spesifieke voertuigvereistes, ‘n toerustingkontrolelys, toestand van die paaie en waarskuwings, meerdaagse roetes met kundige advies, watter spesiale bestuursvaardighede nodig is, punte vir selfversorging en gedetailleerde afstandtabelle vir elke roete.

Roetes in hierdie boek sluit in:
• Hoofstuk 1 – Oor die Sederberg – Tankwa na Sandveld
• Hoofstuk 2 – Die Weskus – !Kwha ttu na Hondeklipbaai en verder
• Hoofstuk 3 – Die Richtersveld – ’n luisterryke plek
• Hoofstuk 4 – Khaudum en Mamili – verken die afgeleë parke van die Caprivi-strook
• Hoofstuk 5 – Die Kaokoland – ’n onherbergsame wonderland
• Hoofstuk 6 – Die Namakwa-ekoroete – ’n swerftog langs die Oranjerivier
• Hoofstuk 7 – Kgalagadi-oorgrenspark – die plek van groot dors
• Hoofstuk 8 – Sentraal-Kalahari-wildreservaat – ’n ware Afrika-wildernis
• Hoofstuk 9 – ‘Faces of the Namib’ – die wêreld se oudste woestyn
• Hoofstuk 10 – Tanzanië – migrasie van wildesbeeste
• Hoofstuk 11 – Noordoos-Botswana – ’n reis deur die wildernis
• Hoofstuk 12 – Angola – skilderagtige landskap- en kustonele
• Hoofstuk 13 – Liuwa-vlakte, Wes-Zambië
• Hoofstuk 14 – Zimbabwe – ’n reis vol verrassings
• Hoofstuk 15 – Suid-Mosambiek – tropiese paradys aan Afrika se ooskus
• Hoofstuk 16 – Transkei se Wildekus
• Hoofstuk 17 – Groot-Limpopo – Soutpansberg en Venda-mites
• Hoofstuk 18 – ’n Reis langs die Molopo – een van Afrika se oeroue riviere
• Hoofstuk 19 – Die Ou Ossewaroete – ’n pionierservaring in die Suid-Kaap
• Hoofstuk 20 – Lesotho – Kwahlamba, die spiesversperring

Hierdie boek sluit ‘n gratis bonus-CD met aflaaibare GPS-roetes en kaarte in.

Additional information

Printed or Digital Download

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “4×4 Roetes Deur Suider-Afrika”